‘n Tigerlily is iets met blomblaartjies en kloue als in een. Bietjie van ‘n teenstelling, ek weet. Maar in vandag se wêreld kan dit nie anders nie.
‘n Tigerlily is so bietjie slim, kan iets mooi bekruip, en wys die kloue as dit moet.
‘n Tigerlily is ook bietjie sag, nogal naief en hou van strepe.
‘n Tigerlily hou van wonder oor dinge en bespring nie sommer iets voor sy nie weet wat dit is nie.
‘n Bietjie Tier, ‘n bietjie Blom.
So moet ek deur die lewe kom.
Word bietjie slimmer, bietjie meer wys
Oormôre is ek by die huis…
