Partykeer moet mens bietjie huil. As jy te veel trane in jou lyf het, moet jy dit uitkry op een of ander manier.
Partykeer breek jou hart en partykeer breek jou vlerke
Partykeer gly jou hand en sny jy dieper as wat jy wou
Partykeer werk dit uit en partykeer breek jy alles
Partygoed praat jy uit en partykeer bly jy stil
Partykeer maak mens ‘n boggerop en jy kan nie die pad sien deur jou trane nie,
Dan is dit tyd om bietjie te huil.
Sammi het gesê,
Oktober 13, 2009 at 8:13 vm
Ai toggie tog Tierie – ek is jammer wanneer daar seer is. En ja, ek moes leer dat mens maar kan huil dat die trane spat, want daardie sagte weenhuil is net nie suiwerend genoeg nie
Vlam het gesê,
Oktober 13, 2009 at 10:52 vm
Tiger, dis hoekom ek van jou blog hou. Mens lees altyd iets wat ‘n nerfie raak. Mooi musiek, soos altyd.
ding het gesê,
Oktober 14, 2009 at 4:49 nm
Tierietiertier, ‘n mens kan nooit te veel huil nie; en ‘n vrou … ‘n VROU kan nooit te veel trane hê nie. Klaar. Hulle is dikwels meer onnodig as wat hulle nodig is, veral met vroue. Maar huil is goed – altyd – dit suiwer.