Ink in jou bloed

Ek is mal oor Tattoos. Miami Ink vang my nou die aand, en tenspyte dat dit ‘n weeksaand is, sit ek toe vasgenael en tattoos kyk tot half2 die more!

Nee, ek het nie eers een inkkolletjie op my bleekwit velletjie nie. Vir een of ander rede kry ek myself nie sover nie. Dalk die gedagte van ‘vir ewig’ wat my afsit. Ek weet ek weet..dis die hele idee van ‘n tattoo, maar ek hou te veel van verandering in die lewe. Ek weet ek gaan dit ook wil terugvat en omruil soos ek altyd met skoene koop doen.

Maaaaaar… AS ek nou myself sover sou kon kry, sou dit ‘n Tigerlily Tattoo wees.  Ek het die presiese een eendag gesien ook, maar nou kry ek hom nie weer nie.

The meaning behind a tiger lily tattoo is usually pride or prosperity.

Weet nou nie van die betekenis nie, maar ek dink Tigerlily is klaar op my getatoo al is dit met deurskynende ink.  Die identiteit is so deel van my, al is dit nog net twee jaar.  Eintlik kan mens sê ek was nog altyd Tigerlily, maar het dit nie geweet nie.  Nadat ek die naam gekies het, destyds, het ek agtergekom dat my Chinese Sterreteken die Tiger is. Interessant.

Inelkgeval..wat dink julle van die hele tattoo besigheid?  Wie was al braaf genoeg vir een, of meer?  Ek sien mense wat wel het, voel baie sterk oor hulle tattoos en daar gaan baie dink daarin. Daar is altyd ‘n betekenis of rede agter die tattoo.

Wie wil deel?

22 Kommentaar

  1. yswater het gesê,

    Augustus 16, 2009 at 4:01 nm

    Tierie
    Ek dink as tattoos smaakvol gedoen word en nie te opsigtelik is nie kan dit mooi wees as ek partykeer so na die tribal vrouens kyk met van die henna tatoos dan lyk dit maar vrek mooi dan wonder ek hoe sal ek met so iets lyk, ek weet ook van mense wat regtig baie betekenis heg aan hulle tattoos…solank dit net nie n ou boyfriend se naam is nie…lol…
    Ps: Dankie vir jou comment op my blog ek het iets terug geskryf as jy kans het gaan lees, jy het baie insig in die lewe ek sal graag jou opnie wil he.

    • Tigerlily het gesê,

      Augustus 17, 2009 at 7:56 vm

      Ja nee, ek dink deur die bank is die boyfriend se naam ‘n slegte idee. Ek hou baie van die tradisionele henna designs. Dis baie vroulik en baie fyn werk.
      Jy ook nog nie ‘n tattoo nie, Yswater?

      • yswater het gesê,

        Augustus 17, 2009 at 9:09 vm

        jong ek het al gedink en gedink en gedink daaroor as ek iets sou vat dan sal dit dalk iets uit die Maya kultuur wees…..ietsie mystic en vroulik ek hou van vrouwees en moet se die vrouens duisende jare terug het geweet hoe om hulself mooi te maak met die tattoo en juweliersware en mooi draperings…ek is nou al weer van die onderwerp af…..maar dit was mooi

  2. Sonkind het gesê,

    Augustus 16, 2009 at 8:08 nm

    ‘n Skerpioen agter op my regterskouer :twisted:

  3. boendoe het gesê,

    Augustus 16, 2009 at 9:50 nm

    Nee, jong, tattoo’s is vir my so kommin soos kaaskoek. :lol:

    Nadat die mammie eendag vir my gese het sy het ‘n dolfyntjie op haar magie gehad, toe sy swanger word het dit ‘n walvis geword, en nadat sy gekraam het was dit ‘n jellievis…neeee!! :mrgreen:

    • Tigerlily het gesê,

      Augustus 17, 2009 at 7:52 vm

      Kaaskoek is kommin? NEEE! Toe het ek al die tyd ‘n kommin streep!

  4. yswater het gesê,

    Augustus 17, 2009 at 9:17 vm

    Ek moet bylas hier, het julle al al die mans gesien met tattoos ? en hulle weer so na 30 jaar met dieselfde een gesien dit kan n skok wees…..

  5. Emil het gesê,

    Augustus 18, 2009 at 11:29 vm

    Ek hou van hierdie Tiger tatoo. So iets sal ek nogals kan doen, maar klein. Naalde staan my nie werklik aan nie.

  6. oopkop het gesê,

    Augustus 19, 2009 at 12:20 nm

    Ek het die woord DREAM op my linkerbors… nie groot nie, en die betekenis is sommer om myself te herinner om te drome, en oor drome en hul betekenis. Ek sal nie omgee vir nog tatoo’s nie, maar ek is nie ‘n prentjiemens nie so dit sal weer ‘n woord wees.

  7. Skoor het gesê,

    Augustus 25, 2009 at 9:06 vm

    Ek het Saterdag ene gekry. Miskien moet jy gedare word, en dan blog ons foto’s van die inkies!

  8. yswater het gesê,

    Augustus 26, 2009 at 4:57 nm

    Ja die dare kan werk….
    Hoekom so stil Tierie jy skryf elke keer net so ietsie om ons almal se belangstelling te prikkel dan raak jy weer stil……
    En ek loer gereeld om te kyk watse nuwe wyshede raak jy kwyt…..skryf weer iets , seblief…

  9. ding het gesê,

    Augustus 27, 2009 at 3:38 vm

    Ding hou nog steeds van daai anner ene. En dan daai een van die drie by die winkel in Clarens. Maar Ding kan self nie meer onthou watter ene en hoe dit lyk nie :roll:
    DIT sal help om te besluit watter tattoo… Maar dit moet in die nek wees. Geen twyfel. Net so amper onder die haarlyn.

    Aangesien dit nou nie die 40ste gejaarsdaggeskenk was nie, is dit dalk 45 s’n? Ja, Tierie, jy is ‘n Tierie soos kan wees. Is mos net so. Seker is ons maar nogal geneig om getrou te wees aan wat ons is.

    OOPKOP – Ding hou van daai van jou. Dit klink gaaf.

    SKOOR – En dan sal niemand nou weet presies watter ene dit is nie?

    TIERIE – JY ‘n tattoo he? Neewat, Ding reken jy is soooo reg – presies net soos jy se: met die deurskynende ink klaar gedoen, hehe.

  10. Mefri het gesê,

    Augustus 27, 2009 at 1:12 nm

    Tierie, ʼn tatoe sal nooit op my liggaam pryk nie, maar daar is ʼn ongeinkte ingeënte tatoe ingegraveer in my hart – net voorletters, maar hulle name skitter in my oë wanneer hulle suutjies deur my siel se vensters loer. Eers was daar 4 en nou is daar 5.

  11. Tigerlily het gesê,

    Augustus 28, 2009 at 9:00 vm

    The verdict is out! Ek sal nie ‘n tattoo kry nie, wel nie sommer nie. Dare gaan nie help nie, dit laat my nog meer 4 voet vassteek.
    Hettie meer ‘n clue van watter 3 jy van praat nie Ding, jy sal my geheue moet verfris.
    Maar ek sal altyd gefasineer bly met tattoos en die mense wat dit kry. Dink dis nog brawer as om te bungee jump!

  12. Skerpioen het gesê,

    Augustus 28, 2009 at 3:50 nm

    [...] is ‘n Skerpioen (sterreteken) en Tier vra hier wat sal ons op onsself laat tattoeëer, as ons nou een sou oorweeg. Op my antwoord dat ek ‘n [...]

  13. yswater het gesê,

    Augustus 28, 2009 at 5:34 nm

    Hmmmmm Ek wonder of daar n tribal teken vir n tweeling is?

  14. yswater het gesê,

    Augustus 31, 2009 at 10:23 vm

    Ek sien niks……

  15. yswater het gesê,

    September 2, 2009 at 8:14 vm

    skies blonde oomblik…lol..dis baie mooi dankie


Lewer Kommentaar