Ontbloting

Dis moeilik genoeg om jouself anoniem te ontbloot, maar vir my kom die probleem wanneer die oë wat na jou kyk dié van bekendes is.

exposed

Ek het nog altyd gewonder hoe kunstenaars dit doen.  Musikante en so wat liedjies skryf oor persoonlike gebeure in hulle lewens, mense en dinge wat jy in werklikheid kan gaan opsoek. Voel mens nie bietjie ‘weird’ as almal nou weet van jou ‘ins & outs’ nie?  Maar as jy nou nie daaroor skryf nie, waaroor skryf jy dan?

So was hierdie blog nog altyd vir my. ‘n Veilige anonieme plek waar ek kon skryf oor enige ding wat my hart te vol maak.  Soos die tyd aangegaan het, het ek hier en daar blogmense van aangesig tot aangesig leer ken.  Mense wat ek ken het ook my blog ontdek en so het ek stiller en stiller geraak tot waar ek is vandag en waar ek was voor ek begin blog het.

Alles bly liewer net binne, weg van ondersoekerige oë.

Ek hou nie daarvan om myself te verduidelik nie.  Ek wil eintlik hê almal moet sommer net weet wat ek bedoel of hoekom ek iets sou sê of nie.  Maar nou moet elke woord ontleed en ondersoek en verduidelik word.

Nou is dit makliker om net te skryf oor die weer, of oor ek hou van honde of katte of so. Maar dit pas nie lekker hier by Tigerlily en die dorings nie.  Dan moet ek seker vir my ‘n nuwe blog maak, né?  Een wat ‘n tweede oerwoud kan wees waar niemand weet wie ek is nie, of een wat nie sal omgee as ek skryf oor die absurde prys van ordentlike koffie nie.

Dalk maak dit nie saak dat ek nie meer ‘n masker kan dra nie.  Maar dit was darem baie gerieflik.

Sonder ‘n masker voel ek darem baie kaal…

24 Kommentaar

  1. verbluf het gesê,

    Augustus 6, 2009 at 10:33 vm

    kaal is die woord

  2. oopkop het gesê,

    Augustus 6, 2009 at 11:06 vm

    Ek voel presies dieselfde oor my blog. Ek sê nie meer wat ek regtig wil nie…

  3. Plaasjuppie het gesê,

    Augustus 6, 2009 at 11:34 vm

    Op een of ander stadium kom almal daar. Wanneer dit voel asof jou doen en late, jou seer en lag en domgeit en vrese slegs daar is vir ‘n spul naamlose en gesiglose loerders se vermaak. Jy word inderdaad ‘n virtuele sirkusdier.
    En dan verloën jy jouself en jy hou op om te doen dit waarvoor jy begin blog het in die eerste plek, en dan sit jy jou maskertjies terug en trek jou pantser aan want jy is terug by die begin.

  4. boendoe het gesê,

    Augustus 6, 2009 at 11:42 vm

    Ja’k…. ek verstaan wat jy bedoel.

  5. Sonkind het gesê,

    Augustus 6, 2009 at 2:17 nm

    Tier – die dag toe my suter my blog raakgelees het EN anoniem kommentaar gelos het en ek eers besef het wie dit is na ‘n hele rukkie se lees – daai dag het ek my diepste gedagtes op ‘n ander blog gaan bêre. Ek gaan skryf nog gereeld daar en tot dusver het bitter min my nog daar raak gelees. Dis jammer ja, maar sommige goed is nie vir bekendes se oë bedoel nie :twisted:

  6. Groot Voet het gesê,

    Augustus 6, 2009 at 2:23 nm

    Ja dis ‘n taai ene, wonder wie my ken weet dis ek. Daar is baie clues.

  7. katjiepiering het gesê,

    Augustus 6, 2009 at 6:22 nm

    ja nee o hene ek hoor ja.. en dink ook maar hoekom myself so ontbloot.. net die volgende dag dink ek weer aan al die mense wat my met sulke bewondering aanstaar deesdae en my laat vol of ek uiteindelik in my lewe iets of iemand is en dit is nie ‘n bad feeling nie, dit maak my regtig happy.. en hemel dan dink ek .. ek wil gehoor word.. hm en gelees word, maar dan voel ek weer vulnerable dan dink ek o koek nee maak toe daai boek en slaat dood dat towernaar.. maar.. mense sal my kan raaksien onder ENIGE skuilnaam dit help nie vir my om te skuil meer nie… eks nou te oud.. so dalk in die lente wil ek weer kaal op die grassies lê.. ja ek skryf te veel oor my lewe.. wat ‘n storie is .. en my muse… en natuurlik wil ek beroemd bekend en bemind word eendag.. hm, maar vir vanaand.. hemel dalk het ek weer te veel gepraat oor te sensitiewe goed gister en.. hmm hel ek weet nie.. verskyn verdwyn… wie was dit nou weer.. daai waternimf.. ghmf.

  8. Augustus 7, 2009 at 8:24 vm

    [...] se Bossie By boendoe Leave a Comment Categories: Uncategorized Tigerlily het gister daaroor geskryf:  hoe ontbloot en gestroop mens voel as bekendes jou blog lees.  Die [...]

  9. boervrou het gesê,

    Augustus 7, 2009 at 9:11 vm

    Beleef dit ook bietje…..

  10. yswater het gesê,

    Augustus 8, 2009 at 9:14 vm

    Tierie
    Ja die ontbloting is nie altyd lekker nie, maar in die proses van mense wat dit lees sal jy verbaas wees hoeveel jy deel en help deur partykeer te ontbloot. As ons almal net met maskers geloop het en niks van ons diepste dinge ook maar gedeel het nie dan lewe mens nie regtig nie. Ek is dalk verkeerd dalk nie in my persoonlike geval wil ek ontbloot ek wil deel sodat ek ander wat dalk met dieselfde probleem sit kan help en se JULLE IS NIE ALLEEN NIE. Maar nou ja dit is n persoonlike persepsie en elke mens moet dit respekteer. Ek kan wel vir jou se van jou goed wat ek gelees het het my baie gehelp ek het net die woorde op daai oomblik nodig gehad.
    Hoekom blog ons ? As mens regtig niks van die dinge wou uitlaat nie hoekom die moeite doen…………

    • Tigerlily het gesê,

      Augustus 8, 2009 at 5:20 nm

      Hoekom blog ons ? Ek wonder nogal partykeer. Veral as mens nou huiwer om als wat jy wil sê so in die openbaar te sê. Hoekom dan nie maar net als van die hart af kry en nooit die publish knoppie druk nie?

      Ek weet..want dis maar net nie dieselfde nie. Iemand anders se perspektief maak soms die wêreld se verskil.

      So by the way, Yswater…’Ons’ menende jy blog ook?

      • yswater het gesê,

        Augustus 8, 2009 at 5:25 nm

        Tierie
        Ja ek het onlangs begin en moet se heel eerste het ek ook maar in sulke “dubbele menings” goed uitgelaat, maar moet se dit is baie goeie terapie vir my en waar ek baie alleen gevoel het is dit al heelwat beter…….so ek leer ook om net sommer te se wat ek voel.
        Ek het nou die dag besef…..hoe kan n vrou in haar vroee 30’s so alleen voel dis mos nie “fair” nie…lol

  11. Dirk het gesê,

    Augustus 8, 2009 at 2:03 nm

    Ek kom maar lig af, my blog is n bundel van afrikaanse musiek en se nie veel oor my mens wees nie.

    • Tigerlily het gesê,

      Augustus 8, 2009 at 10:37 nm

      Dirk, plak jou link ook hier asseblief. Afrikaanse musiek is altyd welkom!

  12. ding het gesê,

    Augustus 9, 2009 at 9:46 vm

    Die keuse van ‘n masker ontbloot soveel van die self. Hierdie, hierdie teken ‘n masker wat Ding so weemoedig maak dat Ding wens hy kon hierdie oerwoud net toevou in ‘n brooddoek – ‘n tier se strepe uitgehang om buite die oerwoud te wapper. Maar ook die uithang van strepe, Tierie, is net nog ‘n masker … ten minste.

  13. yswater het gesê,

    Augustus 9, 2009 at 10:51 vm

    Nou kry ek n bietjie skaam…….ek moes eers vir die link gaan soek.
    As ek reg is is dan moet dit seker die volgende wees yswater.wordpress.com
    Laat weet maar……:)

  14. Sammi het gesê,

    Augustus 9, 2009 at 3:01 nm

    Lanklaas hier gewees, Tierie – toe besluit om vandag by jou te kom inloer en te kom hallo sê en toe lees ek wat jy probeer vertel. Wee’jy ek kan mos ook hiermee identifiseer, van so nou en dan benoud voel oor mens se privaatheid wat deur ander op loop geneem kan word.
    Sterkte Tier – moet net nie ophou met jou gedigte en musiek maak nie – ‘n talent soos dit moet gekoester en gegroei word.

    En toe sien ek soooo daarna uit om jou nuwe besoeker se blog te gaan lees (altyd lekker om iemand nuuts wat lekker bydraes maak te leer ken) maar ai tog – die blog is dan protected?! Miskien kan ons later in, of hoe?

    Mooibly en kyk na jouself!!

  15. yswater het gesê,

    Augustus 10, 2009 at 9:48 vm

    Skies, ek is maar nog bietjie dom met die blog goetters…na n groot gesukkel het ek die settings reggekry. Nou kan julle lekker gaan lees.

    Ps. gin wonner niemand het nog ooit n comment op my blog gemaak nie..

    • Tigerlily het gesê,

      Augustus 10, 2009 at 11:50 vm

      Dankie Yswater, nou sal ons ophou kerm.
      Ons gaan almal lekker saamlees.

  16. kaneelsuiker het gesê,

    Augustus 16, 2009 at 2:23 nm

    Haha, ons is skaam vir ons eie gevoelens. Dit moet uit, maar dis tog so persoonlik. Ek begin nou maar met hierdie blog storie, so ek sal maar sien of my posts minder persoonlik gaan word met tyd.

    My opinie is dat indien mense so belangstel in jou dat hulle jou blog gaan lees, het hulle iewers langs die pad al jou streke reeds aanvaar. Ek gaan nou nie nudie pics van myself hierop sit nie, maar as iemand werklik wil lees oor hoe ek gister vir die eerste keer ‘n joint gerook het…
    Almal het foute, en deur eerlik te wees oor jouself, vergemaklik jy jou lewe. Ons dra eintlik in die regte lewe heeltyd maskers.
    Daarom sal ek nie aanbeveel dat ‘n politiese figuur ‘n blog hou om hul geheime uit te lap nie, hulle moet liewer hul maskertjies aanhou.

  17. wag-'n-bietjie het gesê,

    Oktober 26, 2009 at 9:36 vm

    Ek het ook ophou deel. Ek mis dit. My skryf-blog (wag-’n-bietjie-bos) is al vir byna ’n jaar lank privaat, maar dit was nooit weer dieselfde nie. In die begin het ek nog gedagtes gaan neerpen maar nou kom ek glad nie meer daar.

  18. ding het gesê,

    Augustus 9, 2009 at 2:27 nm

    Nee, ma’ daai help mos nou minder as niks, Ysie – dis dan bottoe vir leke soos Ouding! Oi :shock:


Lewer Kommentaar