Ink in jou bloed

Ek is mal oor Tattoos. Miami Ink vang my nou die aand, en tenspyte dat dit ‘n weeksaand is, sit ek toe vasgenael en tattoos kyk tot half2 die more!

Nee, ek het nie eers een inkkolletjie op my bleekwit velletjie nie. Vir een of ander rede kry ek myself nie sover nie. Dalk die gedagte van ‘vir ewig’ wat my afsit. Ek weet ek weet..dis die hele idee van ‘n tattoo, maar ek hou te veel van verandering in die lewe. Ek weet ek gaan dit ook wil terugvat en omruil soos ek altyd met skoene koop doen.

Maaaaaar… AS ek nou myself sover sou kon kry, sou dit ‘n Tigerlily Tattoo wees.  Ek het die presiese een eendag gesien ook, maar nou kry ek hom nie weer nie.

The meaning behind a tiger lily tattoo is usually pride or prosperity.

Weet nou nie van die betekenis nie, maar ek dink Tigerlily is klaar op my getatoo al is dit met deurskynende ink.  Die identiteit is so deel van my, al is dit nog net twee jaar.  Eintlik kan mens sê ek was nog altyd Tigerlily, maar het dit nie geweet nie.  Nadat ek die naam gekies het, destyds, het ek agtergekom dat my Chinese Sterreteken die Tiger is. Interessant.

Inelkgeval..wat dink julle van die hele tattoo besigheid?  Wie was al braaf genoeg vir een, of meer?  Ek sien mense wat wel het, voel baie sterk oor hulle tattoos en daar gaan baie dink daarin. Daar is altyd ‘n betekenis of rede agter die tattoo.

Wie wil deel?

« Older entries