Gisteraand se koue krummelpap kry my in vervoering vandag. Nie net oor ek lanklaas mieliepap geëet het nie, maar oor hierdie ‘batch’ daai ekstra bestanddeel het. Daai bietjie aanbrand wat mieliepap net ’n ander smaak gee. (Dit moet darem lyk of ek dit met opset bietjie aangebrand het..)
krummelpap+melk+suiker=happieonthou
Een hap en all roads down memory lane loop net een koers: Mooiplaas.
Mooiplaas was ‘n Hoëveldplaas. Mielies, melkkoeie, perde, groen heuwels, bloekombosse, hoenders, turksvye. Die ou plaashuis met groot (soos in GROOT) kombuis met twee koolstowe wat altyd brand. Die nagte van wakkerlê en luister na die kreune en krake van die sinkdak en plankvloer. Die gerusstellende vasdruk van die swaar kwilt om jou lyf.
Sal ek darem wat wou gee om weer daar te kon gaan kuier. By Ouma Mooiplaas met haar lekker lag en die reuk van koekies wat soos ‘n wolkie om haar gehang het. Warm brood, vars botter, nastergal konfyt, koolstoof-mieliepap-met-ietsie-ekstra..
Nou is Mooiplaas ‘n myn. Nee, nie ‘n goudmyn letterlik/figuurlik nie, maar ‘n steenkoolmyn. Omgedolwe en gesloop van alles wat mooi was.
Gelukkig kan ek nog soontoe gaan met behulp van mieliepap krummels en toe oë. Het ons almal ‘n plaas waarheen ons terugverlang?
Ek dink ek ruik ‘n bloekomboom.
boendoe het gesê,
Mei 6, 2009 at 5:25 nm
Snaaks, ons het ook ‘n Mooiplaas gehad, buite Standerton. Ja, met bloekombome. En krummelpap.
waterstroom het gesê,
Mei 6, 2009 at 8:58 nm
ek wil samet jou in ‘n ou plaashys slaap .. wat so kreun en die windpomp ennie verlatenheid en die lappieskombersduvet en als so .. hm ek dink ek sl a nogal giggle oorit als as ek saam jou daar was.. hm?
Wipneus! het gesê,
Mei 6, 2009 at 10:34 nm
Tierie ek ken nie plaaslewe nie, ek weet sommer ek het so baie gemis as ek altyd julle stories lees. Eendag as ek groot is, dan gaan ek nog vakansie hou op ‘n plaas…. ‘n regte plaas.
katjiepiering het gesê,
Mei 7, 2009 at 8:40 vm
dit klink lekker, mar ai sie lewe in die stad bly interessant
vuurslag het gesê,
Mei 7, 2009 at 12:52 nm
Ek is een van daardie mense wat nog bevoorreg is om nog steeds op ‘n plaas te bly. Ek Geniet dit baie.
ding het gesê,
Mei 7, 2009 at 5:10 nm
‘n Doringboom by die beeskraal.
Laatmiddag net voor sononder by die beeskraal waar die beesstof neersyg en jy nie anders kan as om deel van die ruik te word nie.
Groen landerye in die vroegoggend.
Lang natgedoude gras in oggendkoelte.
‘n Massiewe populier, enkeling, maar reusagtig sterk sy stam, uitnodigend die swaai onder hom – en natuurlik die boomhuis (beide gaan nog realiseer!).
En GROND.
En dan die Groot Niks se plaas.
Ai. Ding se hart trek ‘n punt – en dit sonder krummelpap!
Hmmm… Tierie, een dag weg van manman se grond en manman verlang asof hy ‘n banneling is.
BB het gesê,
Mei 8, 2009 at 11:50 vm
Ek het op 40!!! geleer om krummelpap te maak – én actually te eet ook!! My favorite is met kaaings, maar fyn gerasperde biltong en looproom is ook awesome!! ek eet hom nie graag sama braaivleis nie, maar vir brekfis sal ek selfs my geliefde toast en homemade tangerine marmelade opsy skuif. Stywe pap willie in die lyf van my in nie, maar krummelpap love, love, love ekke!!
Og en Tiger, wee jy, ons het sulke behoorlike bloekomboom woude oppie plaas gehad toe ek nog klein was. Dis lank terug – en daar’s baie dinge wat ek nie onthou van die plaasdae nie, maar ek onthou die bloekom se geur… dit sit in my geheue soos klitsgras.
Mooi post Tiger, mooi verlang en mooi onthou.
BB het gesê,
Mei 8, 2009 at 11:51 vm
Og Tiger!! delete maar een van die 2… BB = “Biekie Blond” vandag
semisoet het gesê,
Mei 9, 2009 at 1:26 vm
mmmm Krummelpap!!!! En die pot se aanbrandsels ook eet as al die pap op is, vuurwarm pap met koue melk, die suiker liggies bo oor sodat dit nog kraak as jy dit byt…. lekker dit is ‘n happie wat ek altyd sal onthou!
yswater het gesê,
Mei 9, 2009 at 8:13 nm
Dis net die ding, regte krummelpap!!!!!!!!!!!! so n klein bietjie regte botter met bruinsuiker….en dit smelt en kraak.
Ek het die vooreg om nog die mooiplaas mieliepap te proe en dis lekker om te weet die verlange na al die lekker dinge is nog diep in die harte van mense…
Pikkelik het gesê,
Mei 19, 2009 at 2:55 nm
Tierie!!! Ek het dit nou net gekry!!! Vreeslik verskriklik baie dankie vir jou moeite!!! Ek waardeer opreg en uit my hard uit! Mwah!!!
ding het gesê,
Mei 20, 2009 at 1:09 nm
Janee, Pikkie, was dit nie vir Tierie nie, sou jy dit dalk eers volgende maand gekry het (ook geen waarborg nie) wanneer Ding weer Groot Niks toe gaan!