Sê nou maar net…

Sê nou maar net jy was ‘n ridder, so galant

Sê nou maar net jy red my van ‘n draak

Sê nou maar jy bemin my

sien daardie skoonheid in my

Sê nou maar net dat jy my hartjie raak

 

Sê nou maar jy’s ‘n ruimteman vol durf en daad

Bring tog vir my ‘n stukkie van die maan..

~

En verder kan ek nie onthou nie.  Dis die somtotaal van my geheue van ‘n liedjie wat ek een keer gehoor het toe ek 15 was.  Dit was nog in die dae van Sterre 2000 op RSG.

Ek wens ek kan die hele een weer hoor en weet wie dit geskryf het.  Dit was nie die wen liedjie nie, maar iewers in die finaliste.

Die woorde is vir my so oulik en die wysie baie vrolik.  Laat my dink aan die prinses uit die middeleeue, met ridders om haar wat haar liefde moet wen met allerhande gewaagde kompetisies en vergesogte huldeblyke.

Ek moet bieg, ‘n stukkie van die maan sal tog nice wees..

22 Kommentaar

  1. Pikkelik het gesê,

    April 24, 2009 at 10:39 vm

    Dit IS mooi, laat weet ons tog as jy die res iewers uitsnuffel! ;-)

    • Tigerlily het gesê,

      April 28, 2009 at 5:21 nm

      Neeeee Pikkie.
      Julle moet dit vir MY uitsnuffel!
      Lykmy ek moet gaan vir skimp-lesse.

  2. ding het gesê,

    April 24, 2009 at 6:41 nm

    Ridders moet kan wiskunde doen??? Ding is in sy mooooeeeerrr….

    • Tigerlily het gesê,

      April 28, 2009 at 5:14 nm

      Nee Ding.. Ek mis jou hierso. Hoekom wiskunde?

      • ding het gesê,

        April 29, 2009 at 5:30 nm

        Hoe anders gaan ‘n ridder ‘n ruimteman word en vir sy prinses ‘n stukkie maan loop vang, HUUHMMMM???

  3. Wipneus! het gesê,

    April 25, 2009 at 8:00 nm

    Ok hier is vir jou ‘n stukkie van my maan: ” D ” ;)

  4. krista het gesê,

    April 28, 2009 at 9:04 vm

    Is “sê nou maar” die selfde as “kon ons maar”?

    • Tigerlily het gesê,

      April 28, 2009 at 5:17 nm

      Nee, issie dieselle nie.
      Sê nou is ‘n lekker sê…

  5. BB het gesê,

    April 28, 2009 at 2:24 nm

    What good is a measly piece of moon Tiger, as hemel op aarde op jou voorstoep staan?

    • Tigerlily het gesê,

      April 28, 2009 at 5:20 nm

      Is seker so BB. Maar as jy nou klaar die hemel het is die stukkie maan darem ‘n baie nice bonus, dink jy nie?

  6. BB het gesê,

    April 29, 2009 at 7:19 vm

    Nee skat, dis soos om ‘n skulpie op Melkbosstrand op te tel en op jou spieëlkas te sit – of ‘n klippie van Clarens af saam te bring en in jou potplant oppie stoep te bêre – is net vir onthou van wat was, Tigerlily – issie dieselfde as om dit te hê nie. But then again – as jy reeds heaven on earth het, is jou ’sê nou maar’s ook nie sommer net ‘pie-in-the-sky’ nie, nê. ;)

  7. ding het gesê,

    April 29, 2009 at 5:33 nm

    Ai, julle vroutjiegoete maak vir Ouding nou HEEEEEL verward: is die maan dan nie deel van die hemel nie? Ai.
    Ding verstaan NIKS van vroutjieratwerkgoete nie :roll:
    Ding verstaan net Ding sal maar nie in hierdie lewe ‘n ridder wesie :cry:

  8. Sammi het gesê,

    April 30, 2009 at 8:57 vm

    Tierie
    Daardie liedjie lui ‘n klokkie, verlangs – ek moet tog delwe in my eie onthou.
    En dan sal ek saam met jou moet bieg – dat ‘n stukkie maan regtig gaaf sal wees. En sommer ‘n hele ster wat lig kan wys – ek wil een van daardie hê, maar nie ‘n stukkie son nie, want dit sal my verblind
    Mooiloop Tierie!

    Jaaa ding, dit is maar so…dit is maar so wanneer niemand niks verstaan nie :???:

  9. Wipneus! het gesê,

    April 30, 2009 at 9:21 vm

    Die maan is deel van die hemel Ding. Die sterre is ook deel van die hemel…. Maan en Sterre…. I’m always in heaven. Hier is sommer vir jou ‘n ster ook Tierie, net omdat jy altyd daar is vir Ding – ‘n goeie vriendin!!! :)

    Ja so wonder ons maar almal oor alles in die lewe selfs die maan en die sterre. Iets wat ek vinnig in die lewe opgetel het is om te vra….as ek nie weet of seker is nie. Dan gaan die Universe gewoonlik vir my oop. En die swart en wit kante kry ‘n grys kant!!!

    Lekker dag Tierie!!!

    • ding het gesê,

      Mei 3, 2009 at 6:47 nm

      Wipsie
      Dankie, Lady. Dankie dat jy vir Tierie ‘n stukkie maan en ‘n hele ster gee. En vir hoekom jy dit doen. Ouding het nie fênsie woorde in hom oor nie – so, net: DANKIE. Jy roer my diep.

  10. Mefri het gesê,

    Mei 2, 2009 at 2:00 nm

    Maatjie verstaan blykbaar nie hoe hoog sy siel bokant sy fisiekeliggaam uittroon nie. Miskien is dit juis die rede waarom hy so sielsmooi is; sy nederigheid. Die hemel weerkaats in die oë van diegene wat innerlike skoonheid aanskou. Sien jy nou maatjie, ek weet nou wat dit beteken; “want die hemel is in my oë.”

    Tierie, ek ervaar ook dieselfde skitterglans wat in my oë blink wanneer ek op ʼn afstand in verwondering na jou kyk en ervaar hoe onmeetbaar die waarde van jou vriendskap vir maatjie IS. ((((Tierie)))) Jip ek gee om, meer as meer vir julle al twee.

    Jy is ondefinieerbaar Ridder in jou eie reg Mr. Dingmaatjie. Eienaarskap sonder besit… ek dink dit pas perfek. :-)

    • ding het gesê,

      Mei 3, 2009 at 6:53 nm

      Mefri, jy is reg. Ouding verstaan nie daai nie en nee, Ouding wil nie weet nie. Ouding is maar net. Sommer net. (.) Maar dankie, dankie – jy maak my klein voel. Mefrimaatjie – jou laaste woorde hierbo … JY VERSTAAN van Ding. Gits, jy laat Ouding nogal trots bloos met jou nuwe naam vir Ouding – Mr D… hehe.

      En dankie, Mefrimaatjie, dat jy verstaan van T & D. Die fabel van daai twee bly vir my steeds soos hulle nie meer gebou word nie. En wanneer Ding se dae in hierdie ruimte oor is, sal dit een van die grootste gate in Ding se siel los.

  11. ding het gesê,

    Mei 3, 2009 at 7:01 nm

    Tierie, jy het wragtag vir Jersey Girl gaan soek, gekry en oerwoud toe gebring. Ding sal nie weer maklik hier lees sonder om daarna te luister terwyl ek lees nie. Jy bly nog steeds Ding se Jersey Girl. Altyd. Dit neem Ding terug na dae op die stoep toe Ding nog net geweet het hy MOET jou beter leer ken; min wetende presies hoe ‘n groot voorreg dit sou wees. Dankie daarvoor.

  12. Krista het gesê,

    Mei 4, 2009 at 12:53 nm

    Sover ek kan onthou van ons dae op die plot . . . gee Jersey’s BAIE melk en BAIE room . . . :wink:

  13. Wipneus! het gesê,

    Mei 5, 2009 at 4:51 vm

    Whahahahaaaaaaaaaaaaaaa Krista!! :lol: En van melk maak mens lekker roomys en milkshake ;) mmmmmm…


Lewer Kommentaar