Daar is ‘n bees in my sitkamer.
Ek het van altyd af nog ‘n sagte plekkie vir beeste. Ek dink dit het begin met skilderye wat my pa se oog altyd gevang het…
Die droewige, stowwerige toneeltjie van ‘n bondeltjie beeste wat langs ‘n stukkende windpomp staan. Dit het my altyd twee keer laat kyk na beeste langs die pad. Ek hou van hulle vreedsame gesigte, groot oë, velle soos fluweel.
Brahamane, Simmentallers, Jerseys, Bonsmaras, Ngunis en daai maeretjies met die skerp boudbene wat deursteek.
En nou het ek een wat in my sitkamer sit. ‘n Mooi Nguni wat afgetrokke staan en grassies kou en my elke oggende met alwetende oë groet. Ek dink ek kort nog ‘n paar beeste. Ek kort bietjie alwetendheid in my lewe!
yswater het gesê,
April 5, 2009 at 3:48 nm
Dis net n vooreg wat ons het om die blink sterre te kan sien……….
Die blink wat die onprysbare vir ons gee, die oomblikke wat niks kos nie.
Die mooi en die warm wat ons uit sulke oomblikke kry……..
Die alwetendheid kom saam met die blink sterre , maar nie alles met een slag nie, anders gaan ons ophou soek na die blink sterre.
Tigerlily het gesê,
April 5, 2009 at 5:59 nm
Dit sal ‘n sonde wees om op te hou soek..
ding het gesê,
April 5, 2009 at 11:01 nm
Hmmm… Mmmmooooo…
Met die bees op teen die muur, is die esel nou weer musiekstaander? Ding kan nie wag om die res van Straat-song te hoor nie (ganie se die tyd loop uitie…).
Terloops, Tierie, jy het al meer gevind as waarna die deursnee persoon weet om te soek
Wipneus! het gesê,
April 6, 2009 at 7:55 nm
Hello Tierie
Mooi! Ek dink ek kort ook ‘n paar beeste
Pikkelik het gesê,
April 7, 2009 at 11:58 vm
Shoe dit is mooi!!! Ek verlang ook na beeste, om een of ander rede het skape eenvoudig nie dieselfde bekoring as beeste nie. ‘n Bees is so ‘n rustige dier, sterk, lojaal, betroubaar, hardwerkend…. Nou verlang ek na my man….
Wipneus! het gesê,
April 8, 2009 at 9:48 nm
Hi Tierie!!
Geseënde paasfees vir jou en jou geliefdes
mykopop het gesê,
April 9, 2009 at 8:23 nm
Wow, baie mooi! Die ou mense het mos gepraat van ‘n skillerkoei, dis nou ‘n bont koei dink ek? So is dit nou ‘n skildery van ‘n skillerkoei?
Twattie Se Maaikie het gesê,
April 14, 2009 at 10:48 vm
Selfs die grootste beeste het die sagste snoette en mooiste oë.
Oupa het met Brahmane geboer en ai tog, ‘n kalfie is darem maar net optel en huistoe vat cute!
Tigerlily het gesê,
April 20, 2009 at 9:12 vm
Hmm – skillerkoeie…ek hou daarvan!