Silverstraat

In Silverstraat sug stilte as ek ingaan by jou deur

wye arms vou my toe en hou my vas

By Silverstraat wag ek stil alleen

op ‘n eiland weggesteek

Vir jou stem om my oomblik in te kleur

 

In Siverstraat hou bome wag as drome deur ‘n venster val

Met sagte vingers vang hul elke een

Die maan kan stil verby skuif

tussen sterre in die nag

In Silverstraat is elkeen al getel

 

Kom soen my weer in Silverstraat en gee my weer jou hande

wat my weg sal vat na duisend eeue terug

Dan praat my oe met joune weer die taal van verre lande

en ek lees vir jou die stories op jou rug

21 Kommentaar

  1. Mefri het gesê,

    February 4, 2009 at 4:37 nm

    Silwerstrate, drome, bome, oë wat praat, arms wat omhels –strelend-droomverlore-mooi gedig Tierie, dit is werklik pragtig en hemel-mooi!

  2. ding het gesê,

    February 4, 2009 at 5:21 nm

    Hoekom kan Ding jou dan hierdie HOOR sing, hmmm?

    Silverstraat. Brooddoek-oomblik.

  3. Tigerlily het gesê,

    February 6, 2009 at 9:00 vm

    Dankie Mefri vir die mooi woorde. Ek hou daarvan as gedigte hulleself gebore kry. Wanneer jy die woorde weer oorgaan en hulle amper soos iemand anders sin voel.

    Silverstraat wil nogal gesing word, ne Ding? As ek nou nie so noot-skryf gestremd was nie, kon ek dalk ‘n plan maak. Ek wonder of iemand anders nie dalk musiek kan maak van hierdie nie…

  4. Jenny het gesê,

    February 6, 2009 at 9:24 vm

    Tiertjie, klink my ook soos ‘n liedjie daai… dalk moet jy vir BB vra om ‘n deuntjie by te las?

  5. Mefri het gesê,

    February 6, 2009 at 9:08 nm

    Tierie, dit is lieflik en jy mag maar skryf. Mefri weet mos jy is diep en baie teer-mooi van binne. Dis ‘n plesier en ‘n voorreg om jou gedagtes en woorde te lees en so proe-proe te herhaal, omdat dit so ongelooflik gevoelvol neergelê word.

    En ‘Kom soen my weer in Silverstraat en gee my weer jou hande
    wat my weg sal vat na duisend eeue terug’
    dis die goeters wat drome van gemaak word. Pragtig!!

  6. ding het gesê,

    February 7, 2009 at 8:52 nm

    Mefri – sien jy – dis hoekom jy JY is. Jy het ‘n oog met insig, hoor!

    Tierie, gryp die drakie en neurie, soos net jy doen. Jy gaan ‘n deuntjie kry voor jy self mooi weet. Jy gaan hierdie nog vir Ding sing! Ding weet dit net!

  7. Mefri het gesê,

    February 17, 2009 at 11:30 vm

    Ek moes dit net weer kom lees Tierie, dit is ongelooflik mooi!

    ‘In Siverstraat hou bome wag as drome deur ‘n venster val’

    Tierie dit herinner my aan iets kosbaars wat ek ervaar het die eerste aand toe ek vir maatjie ontmoet het.

    Ek hoop eerlikwaar dat indien ek soms in kennisse en vriende se gedagtes opduik, dit ook soetigheid in hulle sal ontketen, soos wat jy nou laat gebeur het. Dankie (((Tierie))). LOL my vreugdehappie hieroor was in Engels geskryf gewees – dalk deel ek dit eendag met jou wanneer ek nie so suinig daarmee is nie – indien jy reeds daarvan kennis dra, is ek gemaklik daarmee.

  8. ding het gesê,

    February 21, 2009 at 6:38 nm

    @ Mefri – maatjie, Mefri, soos in hierdie ekke maatjie?
    Jy’t elders gemeld dat jy my ‘n posduif gestuur het – het hy verdwaal of is hy afgeskiet, want Ding het hom regtig nog nie in die duiwehok gevind nie, hoor.

    Mefri, Ding het nou die dag vir ‘n ander dierbare gesê jy laat vir Ding dink aan iemand wat van ver af na die voorkant van ‘n stuk borduurwerk kyk, terwyl die res van ons van te naby af na die agterkant daarvan kyk. Goete wat vir Ding so deurmekaar en verkeerd lyk, loop staan perfek reg deur jou oë gesien – dan wonder Ding hoe kry jy dit reg om so ‘n skoon hart te behou. Makie sakie – solank jy dit net so hou!

    @ Tierie
    Tierietiertiertjie, Ding is mos maar self gestremd in daai afdeling – met Raka kloue ‘n all, you know. As Ding nou uitgemaak het van musiek, dan sou Ding vir jou daai deuntjie gegee het, Meisiekind. Maar dit sal nie dieselfde wees nie. JYYYYY moet SELF die deuntjie bysit. Gryp net die drakie – dit sal gebeur!

  9. Sammi het gesê,

    February 21, 2009 at 8:03 nm

    Mefri het totsiens gesê by Flippie – dit gaan net nie dieselfde wees sonder ((((Mefri)))) nie!!!
    Ja Ding, jy vat daardie beskrywing van haar so heeltemal vas! Skoonste hart verby!

  10. Mefri het gesê,

    February 23, 2009 at 4:35 nm

    Maatjie, jy ken my te goed, jy weet ek kannie ongeskik wees en jou ignoreer nie; twyfel jy dan?? Jy weet mos wat jy weet.

  11. ding het gesê,

    April 6, 2009 at 12:15 vm

    Kom soen my weer in Silverstraat …
    Lees vir my stories in braille en proe-sing die eerste note van ‘n droom gebore uit oerou herinneringe van alles wat was en nie is nie.
    Neem my hande en sien jouself tussen sterre in my oe.

  12. Mefri het gesê,

    April 7, 2009 at 6:40 nm

    ((((((Tierie & Ding & Mefri))))))

  13. ding het gesê,

    April 13, 2009 at 4:49 nm

    “Hier staan ek weer in Silverstraat
    en wag vir jou om by die deur in te loop…”

    In Silverstraat sing jy van sterre, soene en die mooiste storie.

    Mefri:
    Jawat, kom nader vir ‘n groepsdrukkie, Maatjie – altyd maar weer (((Mefri))).

  14. BB het gesê,

    Mei 24, 2009 at 7:35 nm

    Jy gaan hom sing M – een van hierdie mooi dae gaan jy hom sing! Ek hoor hom… ;)

    • ding het gesê,

      Mei 26, 2009 at 6:30 vm

      Beeps, jy sal hom aanhou hoor totdat sy hom sing, ne? Ding weet jy sal.

  15. Mefri het gesê,

    Mei 26, 2009 at 8:36 vm

    Dankie vir die vreugde en die ‘unieke rimpels’ wat soos radarseine oral deur jou skrywes uitgekring het, LOL I received them loud and clear. Jy is ook baie kosbaar en spesiaal vir my – ek hoop ons paaie sal binnekort weer kruis. Dit was ʼn voorreg gewees om jou te kon ontmoet.

  16. Mefri het gesê,

    Mei 26, 2009 at 8:39 vm

    O gaats, my brein is met vakansie, ek wou dit by Ding geplak het, jammer Tierie, dit hoort by BB se liedjie wat sy vir Mr D geskryf het.

  17. BB het gesê,

    Mei 26, 2009 at 9:12 vm

    Waaaahahaha Mefri!!! Toemaar! Soos ekke vir Tierie nou al opgesom het verstaan sy beter as wat jy dink – daai engel-krullebol is, dink ek, ook baie meer ini wolke as hier oppie grond ;) , maar hoe dan nou anders? Dis juis ini wolke waar mens inspirasie kry vir sulke skryfwerk ↑…

  18. Mefri het gesê,

    Mei 26, 2009 at 9:58 vm

    BB: Verseker BB, Verseker!! Sy is een talentvolle entjie mens.

    Tierie, ek kan nie wag om jou liedjies by my musiekversameling te voeg nie. En daardie voorstel wat ek die aand by Pieta gemaak het…… ek kan nie wag om dit te ervaar nie. Dit gaan proe soos; ‘smooth & creamy-chocolate-delights’.

  19. Tigerlily het gesê,

    Mei 26, 2009 at 10:48 vm

    )BB(
    )Mefri(
    Julle is te sweet! Fanx vir die mooi woorde. Ek sing ek sing!

    Mefri..ek kan ook nie wag vir daai nie!!! Dit sal WOW wees!

  20. Mefri het gesê,

    Mei 26, 2009 at 11:26 vm

    Tierie, DIE KEER klouter ek BO-OP die stoel, ek belowe!! As dit julle skaam gaan maak, kan julle maar julle ogies toemaak tot ek klaar ge ‘Standing Ovation’ het – o hel, my magie kriewel wild soos die vlinder-vlerkies binne my flap van pure opgewondenheid oor die vooruitsig!!


Lewer Kommentaar