‘n Vrou voor ‘n spieël

Wie sien jy wanneer jy in die spieël kyk?  Is dit die gesig wat jy daar verwag?

autogynephilia_-_love_of_oneself_as_a_woman_-_mirror_-_transparent_ellipse

My vroegste herinnering van spieël-kyk is een van verbasing.  Verbasing oor dit nie die gesig is wat ek verwag het om te sien nie.  Toe was ek omtrent 7.

Aardige gevoel, die van in ‘n vreemdeling se oë inkyk en weet dit is jy.  Hier gaan my woorde my dalk in die steek laat, want dit voel of ander mense nie dieselfde probleem het nie.  Ek het al die waters getoets op die een en meestal vreemde kyke ontlok.

Ek weet mens word groot saam met jouself, jy ken naderhand jou eie binne en buite.  Jy weet hoe jou hande moet lyk en ook die res van jou, maar iets het my nog altyd verbaas wanneer ek toevallig my eie weerkaatsing sien.  Die prentjie van myself in my kop lyk anders.

Partykeer is ek mooier as wat ek verwag het en ander kere sien ek weer my gesig in isolasie, elke stukkie apart.  Dan wens ek ek hoef nie my kop by die deur uit te steek nie.  As ek rasioneel dink, weet ek ek lyk gewoonlik nie te onaardig nie, maar dis juis as daai wete deur my kop gevleg is wat ‘n spieël my soms in spore kan laat stop.

Is dit hoe ek nouweer lyk?

Hare, oë, snaakse neus, lang bolip, ken, kakebeen…

Dit is nie soseer ‘n probleem van misvorming wat ‘n mes en ‘n hele paar rande kan regmaak nie.  Dis meer ‘n probleem van herkenning.  Om nie altyd iemand anders daar te verwag nie.

Ja, ek weet…het mos gesê dis vreemd.

Miskien is dit die beeld wat ek nastreef, die mens wat ek wil word en nog nie by uitgekom het nie?  Miskien moet ek nog in myself inleef?

Wel, as dit so is beter ek nou begin, die tyd stap aan!

18 Kommentaar

  1. lxding het gesê,

    November 27, 2008 at 6:19 nm

    Tierie, hoe oud is jy gebore? Nee, ernstig, hoe oud is jy gebore? Jy mag dalk vir jouself ‘n vreemdelinggesig hê, maar glo maar vir ouding vandag – dis ‘n prentjie wat baie sag op ander se oë lê, ja.

  2. semisoet het gesê,

    November 28, 2008 at 7:01 vm

    interessant kan ‘n spieel dan vir mens lieg? wat as ‘n spieel lieg hoe sal jy ooit weet? hier kom ‘n tema vir ‘n horror movie, the day the mirrors turned to the dark side.

    maar ernstig nou, as ek ini spieel kyk sien ek selde wat my kop sien. Ek sien die ek binne en dit bepaal my ek buite. Die dag wat ek in die spieel kyk en vir myself gelukkig lyk is die dag wat ek ware geluk gevind het.

  3. Tigerlily het gesê,

    November 28, 2008 at 2:16 nm

    Ding – te oud. Net jammer die wysheid het nie saamgekom nie

    Semisoet – Ek sien weer die buite waarvan ek heeltyd vergeet.

  4. Sonkind het gesê,

    November 28, 2008 at 10:43 nm

    Jy is nie alleen in hierdie ene nie, Tier. Ek verstaan hiervan – ek lyk in elk geval glad nie vir myself soos myself nie.

    Verder, elke keer as mens in ‘n spieel kyk, steel dit stukkies van jou siel. Ek kyk nie graag in spieels nie. Ek moet gedownge daar kyk as ek my gesig inkleur, maar andersins trek ek aan en kam hare sonder om myself te bekyk. My ma en suster vind my tot vandag toe nog vreemd hieroor.

  5. Mefri het gesê,

    November 29, 2008 at 10:33 vm

    My spieël sluit die deure van die twee ekke wat in my leef oop. Daardie ek wat somtyds in spelonke wil wegkruip en die ander ene wat ligvoets tussen die sterre dans.

    Die verwronge spookbeelde wat partykeer deur die dynserigheid na my toe aangesweef kom, word veroorsaak wanneer my sielswater troebel is en ʼn suiweringsproses moet ondergaan. Wanneer die slyk en modder eers verwyder is; sien ek weer die glimlag in my spieël raak wat vir my ogies-knip.

  6. semisoet het gesê,

    November 30, 2008 at 10:20 vm

    dis baie mooi gese Mefri!

  7. ding het gesê,

    November 30, 2008 at 11:26 vm

    Absoluut, Mefri – jy het ‘n manier om te praat dat Ding net hoef te luister.

    Sonson – jy is die son – jy skyn in ‘n spieel. Gee net aandag volegende keer. En jy is kunstig met daai oorlogverf, mag ouding maar se. Dis egter net afronding vir die alreeds perfekte glimlag in ‘n besonder fyn geskape mesiggie ;-)

    Tierietiertier, jy is so ver van oud soos oorgawe van voorgee is. Wysheid? Daai een word gelewe, my liewe Tierie. Lewe soos jy dans, Meisiekind!

  8. Mefri het gesê,

    November 30, 2008 at 2:12 nm

    Kan jy onthou Lielietier; jy was in die motor en ek het op my gunsteling stoep gestaan….

    Wel, daardie asemrowende glimlag wat op jou gesiggie ontplooi het, is dié mooiste wat ek nog OOIT op enige vrouegesiggie gesien het. Jou hele wese het daarin geskitter en dit het al my siel se openinge eensklaps wawyd oopgeswaai om jou as eregas te ontvang. Jip, jy’t pens en pootjies in my Merfri-hart ingewals daardie aand.

    Jy is pragtig! As DIE EEN die dag opdaag, gaan ‘n GROOT-SWIG hom oorval as hy homself in daardie glimlag vasloop!! :-)

  9. lxding het gesê,

    November 30, 2008 at 8:28 nm

    Hmmm… Ding reken nogal daar het al meer as een ‘n vreeslike GROOT SWIG voor daai glimlag geswig, Mefri :twisted:

    Tierie, sooooo, swig DIE EEN darem nog so nou en dan voor daai glimlag van jou wat Mefri so raak beskryf?

  10. Mefri het gesê,

    November 30, 2008 at 10:06 nm

    :-)

  11. Mefri het gesê,

    November 30, 2008 at 10:22 nm

    ‘Om nie altyd iemand anders daar te verwag nie.’ + ‘Tierie, hoe oud is jy gebore?’ = Dit maak sin Ding.

  12. Tigerlily het gesê,

    December 1, 2008 at 7:32 vm

    Mefri – Hoe reinig jy jou siel van die troebel? Ja, ek onthou. Dankie vir my plekkie in jou hart. Jy skilder so mooi prentjie, baie dankie!

    Ding – As niemand swig nie, dan swig ek maar…swak enkels, jy weet.

  13. Tigerlily het gesê,

    December 1, 2008 at 7:32 vm

    O Ja, Mefri…wanneer begin jy jou eie blog? Sulke woorde moet ‘n huis kry!

  14. lxding het gesê,

    December 1, 2008 at 11:25 vm

    Soooo, sal Ding nou vra voor presies wie se glimlag jy dan nou geswig(k) het, hmmm? Of sal Ding vra of jy darem gevang is?

    Wie weet, miskien kan JY vir Mefri oortuig van ‘n eie blog, maar tot dusver sien Ding Mefri is die een wie die blogs borduur met pryslose juweeltjies van wysheid.

  15. Mefri het gesê,

    December 1, 2008 at 12:59 nm

    hehe ek lief julle stukkend!!

  16. ding het gesê,

    December 1, 2008 at 5:48 nm

    Huh-uh Mefri – Tierie is klaar stukkend! Jy SIEN dan nou van die swak enkels en rooiwyn het NIKS daarmee te doen nie!

  17. oopkop het gesê,

    February 13, 2009 at 9:33 vm

    Ek het gedog ek is al een wat so voel as ek my weerkaatsing sien. Ek lyk nie vir myself soos ek nie.

  18. Tigerlily het gesê,

    February 13, 2009 at 11:13 vm

    Oopkop – Ek het intussen gedink dit hoort dalk so, veral as jy weet jy bly net in ‘n skil op die oomblik. Jou lyf is nie JY nie.


Lewer Kommentaar