Sien jy die see?
Daar agter die berge
Staan op jou tone
Dan sien jy die see
Sien jy die son
Daar agter die wolke
Vee die reën uit jou oë uit
Dan sien jy die son
Sê hallo vir jou wêreld
Wat jy vashou binne in jou hand
Elke klip in jou skoen is ‘n pêrel en
Elke traan op jou wang is ‘n diamant
Sien jy jouself
Daar agter jou glimlag
Kyk na jou hande
Dan sien jy jouself
Sê hallo vir jou wêreld
Wat jy vashou binne in jou hand
Elke klip in jou skoen is ‘n pêrel en
Elke traan op jou wang is ‘n diamant
Sien jy die maan
Die hemel vol sterre
Wag vir die donker
En sien hulle skyn
Piet van Wyk de Vries
Vuurpyl… die wind was uit my seile. So eenvoudige antwoord, so groot impak!
Piet van Wyk de Vries sal ook wonder wat ‘n Tigerlily se case is met al sy songs, maar ja. Hier is nog een.
Na die ‘maak oop jou oë’-antwoord, hoor ek toe hierdie een, en ek luister!
