Ek sien jou staan agter deure van glas
Jou rug is op my en jou hande gewas
Blare begin al te val na ons Somer wat was
Ek sien jou staan agter deure van glas
Onbereikbaar en ver tussen houtskool en as
Die wind begin sny en die ryp wurg die groen uit die gras
Gee my net ‘n glimlag
Draai tog net jou kop
Wys my weer jou oë
Dat my hart kan begin klop
Maak net hierdie deur oop
Sodat ek by jou kan kom
Vat weg al die stukke
En gee vir my die son