“Maybe I have been here before. I know this room, I’ve walked this floor…”
Wat is dit wat mens partykeer daardie bekende gevoel gee? ‘n Plek waar jy nog nooit was nie, maar jy voel tuis. Jy weet hoe dit om die volgende draai gaan lyk. Miskien iemand wat jy ontmoet en dit voel of jy die persoon al jare ken! Miskien is dit meer as jare, dalk eerder leeftye!
Sodra jy besef dat jou siel werklik nooit kan doodgaan nie, maak dit al meer sin dat ons meer as een leeftyd hier op aarde spandeer. Partykeer kry mens dan daai bekende gevoel, want inderwaarheid was jy al voorheen hier, en het ek en jy mekaar goed geken.
Jou vorige lewe kan ook ‘n baie belangrike rol speel in jou huidige een. Mens kom aarde toe om sekere lesse te leer en ook spesifieke take te verrig. Ook om die onafgehandelde dinge van jou vorige lewe op te los. Hierdie ‘issues’ sal deurgans in jou lewe opduik en telke male vir jou ‘n struikelblok wees om te oorkom.
‘n Goeie manier om uit te vind waar al jou ‘issues’ vandaan kom, is om te gaan vir ‘Regression Therapy’. Dis ‘n vorm van hipnose waar jy onthou wat jou siel lankal weet: Wat jou vorige lewens was, wat onopgelos is, en wat jy wou bereik in hierdie lewe. Dit werp ook lig op die misterie van ‘doodgaan’, ’soulmates’ ens.
Dit kan mens ongelooflike fokus gee vir toekomstige besluite wat jy moet neem en jou help om rustigheid te kry oor die gebeure in jou lewe.
Vir meer info: http://www.lifebetweenlife.com/