Op ‘n dag, het daar ‘n Prins op Tigerlily se pad gekom en daarna was sy nooit weer dieselfde nie. Die Prins het Tigerlily van ‘n wêreld vertel wat sy nooit van geweet het nie. Die Prins was van ‘n plek waar daar oorlog tussen skape en blomme is. Waar water kan goed wees vir die hart, soos ‘n geskenk.
Die Prins het vir Tigerlily geleer dat dit wat belangrik is, onsigbaar is. Dat jy net met die hart werklik kan sien. Nadese soek Tigerlily met die hart, nie meer met die oë nie.
Die Prins het ‘n Tier getem, en die Tier het ’n Prins getem. In die tyd wat hulle aan mekaar spandeer het, het elkeen die ander makgemaak. Maar die Prins moes weer terug na sy blom – te gou…
En Tigerlily het besef: Mens loop die gevaar om bietjie te huil as mens jou laat mak maak het.
As mens so hartseer is, dan hou jy van die sonsondergang. Miskien sal 43 sonsondergange al effens troos? Die land van trane, wat ‘n raaiselagtige plek is dit tog nie…
Na die Prins se besoek sien Tigerlily dat 5000 rose in een tuin nie is wat sy soek nie. Sy kyk op na die sterre en sien hulle is mooi, omrede ‘n blom wat mens nie kan sien nie.
Tigerlily het nou sterre wat kan lag, en sy loop met haar oë toe…
ding het gesê,
Oktober 23, 2007 at 8:28 vm
Bedags hoef Tierie net na die koringare te loer en snags, ja snags is daar ‘n ster helderder as al die ander. Dis die kennis van die Prinsie waarmee Tierie se oë nou toe kan wees terwyl die pad steeds seker en vas vir die hart sal wees om te stap.
elena het gesê,
Junie 29, 2009 at 10:21 nm
gaan loer na my blog, die prins en die tier . heel toevallig is ons albei lief vir prinsies en tiere
Wipneus! het gesê,
Augustus 8, 2009 at 3:36 nm
Baie mooi inskrywing Tierie. Dis so waar, al die kosbaarste dinge in ons lewens is daai wat ons net met die hart kan voel en sien, en hulle is onsigbaar.
Hartsdinge wat die lewe die moeite werd maak.
Tigerlily het gesê,
Augustus 8, 2009 at 5:24 nm
Dankie Wippie
Lekker om weer bietjie die ouer inskrywings te lees.
Bly jy het kom kuier!